Opvolg: 47 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend

"In die Noord-Kaap is 276 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 61 044."

0

Die ministerie van gesondheid, het in die jongste verslagperiode 47 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend gemaak.

Die gevalle is toegeken aan die Nama Khoi regsgebied (32), Richtersveld plaaslike munisipaliteit (9), Karoo Hoogland plaaslike munisipaliteit (4) en Khâi Ma plaaslike munisipaliteit (2).

Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 7 009, met 6 361 genesings en diè distrik het 581 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 276 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 61 044.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 443.

owat 54 634 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 4 965 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.