Opvolg: 5 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend

"Sowat 54 167 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 4 861 aktiewe gevalle."

0

Die ministerie van gesondheid, het in die jongste verslagperiode 5 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend gemaak.

Die gevalle is toegeken aan die Nama Khoi regsgebied en Karoo Hoogland plaaslike munisipaliteit twee onderskeidelik en Khâi Ma plaaslike munisipaliteit een.

Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 6 904, met 6 282 genesings en diè distrik het 555 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 123 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 60 454.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 424.

Sowat 54 167 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 4 861 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.