Opvolg: 53 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend

"Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 8 151, die sterftesyfer is 82, met 7 234 genesings en diè distrik het 835 aktiewe gevalle."

0

Die ministerie van gesondheid, het in die jongste verslagperiode 53 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend gemaak.

Die gevalle is toegeken aan die Nama Khoi regsgebied (28), Khâi Ma plaaslike munisipaliteit (12), Hantam en Kamiesberg plaaslike munisipaliteit onderskeidelik 5 elk, en Richtersveld plaaslike munisipaliteit (3).

Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 8 151, die sterftesyfer is 82, met 7 234 genesings en diè distrik het 835 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 411 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 66 463.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 724.

Sowat 60 036 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 4 683 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.