Opvolg: 53 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa distrik aangemeld

"Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 809."

0

In die jongste verslagperiode is n totaal van 52 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld.

Die gevalle is toegeken aan die Nama Khoi regsgebied (18), Kamiesberg plaaslike munisipaliteit (23), Richtersveld plaaslike munisipaliteit (10) en Khâi ma plaaslike munisipaliteit (1).

Die Namakwa-distrik se kummulatiewe totaal staan op 9 341, die sterftesyfer is 90, met 7 591 genesings en diè distrik het 1 660 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 161 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kummulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 70 976.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 809.

Sowat 63 552 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 5 613 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.