Opvolg: 54 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend

"Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 7 208, met 6 407 genesings en diè distrik het 734 aktiewe gevalle.  "

0

Die ministerie van gesondheid, het in die jongste verslagperiode 54 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend gemaak.

Die gevalle is toegeken aan die Nama Khoi regsgebied (38), Richtersveld plaaslike munisipaliteit (10), Khâi Ma plaaslike munisipaliteit (4) en Kamiesberg plaaslike munisipaliteit (2).

Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 7 208, met 6 407 genesings en diè distrik het 734 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 111 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 61 914.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 4 869.

Sowat 55 594 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 4 869 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.