Opvolg: 57 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend

"Sowat 59 385 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 4 459 aktiewe gevalle."

0

Die ministerie van gesondheid, het in die jongste verslagperiode 57 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend gemaak.

Die gevalle is toegeken aan die Nama Khoi regsgebied (35), Richtersveld en Kamiesberg plaaslike munisipaliteite onderskeidelik 11 elk.

Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 8 026, die sterftesyfer is 81, met 6 955 genesings en diè distrik het 990 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 151 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 65 535.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 689.

Sowat 59 385 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 4 459 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.