Opvolg: 57 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend

"Sowat 52 167 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 6 607 aktiewe gevalle."

0

Die ministerie van gesondheid, het in die jongste verslagperiode 57 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend gemaak.

Die gevalle is toegeken aan die Karoo Hoogland plaaslike munisipaliteit (25), Nama Khoi regsgebied (13), Khai Ma en Hantam plaaslike munisipaliteite onderskeidelik 9 elk en Richtersveld plaaslike munisipaliteit een.

ie Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 6 865, met 6 052 genesings. Die sterftesyfer staan op 67 en dit laat diè distrik met 746 aktiewe gevalle.  

In die Noord-Kaap is 232 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 60 172.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 396.

Sowat 52 167 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 6 607 aktiewe gevalle.

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.