Opvolg: 58 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend

"Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 6 962, met 6 307 genesings en diè distrik het 588 aktiewe gevalle."

0

Die ministerie van gesondheid, het in die jongste verslagperiode 58 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend gemaak.

Die gevalle is toegeken aan die Nama Khoi regsgebied (28), Richtersveld plaaslike munisipaliteit (15), Karoo Hoogland plaaslike munisipaliteit (11), Kamiesberg plaaslike munisipaliteit (2) en Hantam plaaslike munisipaliteit (1).

Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 6 962, met 6 307 genesings en diè distrik het 588 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 317 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 60 767.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 440.

Sowat 54 389 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 4 936 aktiewe gevalle

Leave A Reply

Your email address will not be published.