OPVOLG: 60-Jarige met hammer aangerand en toe verkrag

0

Nadat ’n bejaarde slagoffer Maandagoggend, omstreeks 01:30 aangerand is met ’n hammer en toe verkrag is, is ’n intensiewe soektog van stapel gestuur.

“Die polisie op Prieska het gisteroggend ‘n verdagte, in verband met hierdie voorval, in hegtenis geneem.”

’n Woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramatseba, het bevestig dat ’n 39-jarige man, gisteroggend omstreeks 09:00, in hegtenis geneem is in verband met die verkragting van ’n 60-jarige vrou.

Die verdagte sal na verwagting binnekort in die landdroshof verskyn, op ‘n klagte van aanranding en verkragting.

Die polisie-ondersoek duur voort.

Leave A Reply

Your email address will not be published.