Opvolg: 62 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa distrik aangemeld

"Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 847."

0

In die jongste verslagperiode is n totaal van 62 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld.

Die gevalle is toegeken aan die Nama Khoi regsgebied (18), Khâi Ma plaaslike munisipaliteit (16), Hantam plaaslike munisipaliteit (15), Kamiesberg plaaslike munisipaliteit (7) en Karoo Hoogland plaaslike munisipaliteit (6).

ie Namakwa-distrik se kummulatiewe totaal staan op 9 703, die sterftesyfer is 92, met 8 100 genesings en diè distrik het 1 511 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 406 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kummulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 72 908.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 847.

Sowat 65 386 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 5 673 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.