Opvolg: 64 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend

"In die Noord-Kaap is 299 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 62 633."

0

Die ministerie van gesondheid, het in die jongste verslagperiode 64 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend gemaak.

Die gevalle is toegeken aan die Nama Khoi regsgebied (49), Richtersveld plaaslike munisipaliteit (9), Hantam plaaslike munisipaliteit (4) en Khâi Ma plaaslike munisipaliteit (2).

Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 7 319, met 6 407 genesings en diè distrik het 845 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 299 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 62 633.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 490.

Sowat 56 527 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 4 614 aktiewe gevalle.

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.