Opvolg: 68 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend

"Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 724."

0

Die ministerie van gesondheid, het in die jongste verslagperiode 68 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend gemaak.

Die gevalle is toegeken aan die Nama Khoi regsgebied (44), Hantam plaaslike munisipaliteit (13), Kamiesberg plaaslike munisipaliteit (9) en Richtersveld plaaslike munisipaliteit (2).

Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 8 098, die sterftesyfer is 82, met 7 231 genesings en diè distrik het 785 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 423 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 66 052.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 724.

Sowat 59 797 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 4 529 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.