Opvolg: 80 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld

"Die gevalle is toegeken aan die Nama Khoi regsgebied (29), Hantam (22), Khâi Mai (20) en Kamiesberg (9)."

0

In die jongste verslagperiode is ‘n totaal van 80 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld.

Die gevalle is toegeken aan die Nama Khoi regsgebied (29), Hantam (22), Khâi Mai (20) en Kamiesberg (9).

Die Namakwa-distrik se kummulatiewe totaal staan op 10 878, die sterftesyfer is 111, met 9 267 genesings en diè distrik het 1 500 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 717 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kummulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 78 199.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 951.

Sowat 69 591 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 6 655 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.