Opvolg: 86 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld

"Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 600."

0

Die ministerie van gesondheid, het in die jongste verslagperiode 86 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend gemaak.

Die gevalle is toegeken aan die Nama Khoi regsgebied (62), Richtersveld plaaslike munisipaliteit (10), Hantam plaaslike munisipaliteit (7), Kamiesberg plaaslike munisipaliteit (5), en Khâi ma plaaslike munisipaliteit (2).

Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 7 685, die sterftesyfer is 77, met 6 841 genesings en diè distrik het 767 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 337 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 64 061.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 600.

Sowat 58 011 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 4 448 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.