Opvolg: 86 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld.

"In die Noord-Kaap is 438 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kummulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 76 235."

0

In die jongste verslagperiode is ‘n totaal van 86 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld.

Die gevalle is toegeken aan die Nama Khoi regsgebied (66), Hantam (15), Khâi Mai Karoo (3), Richtersveld en en Kamiesberg plaaslike munisipaliteite een onderskeidelik.

Die Namakwa-distrik se kummulatiewe totaal staan op 10 503, die sterftesyfer is 105, met 8 654 genesings en diè distrik het 1 744 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 438 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kummulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 76 235.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 916.

Sowat 67 318 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 6 999 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.