Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

OPVOLG: College of Cape Town tans op besoek in Namakwaland
Foto: Verskaf

Die verteenwoordigers van The College of Cape Town het tydens ‘n tweede onderhoud met NFM, meer uitgebrei oor wat hulle hier kom doen en wat alles hulle instansie bied.

The College of Cape Town is tans besig om belangstelling te kweek in Namakwaland , studente te werf en ook om hul instansie te bemark.

Die groep-leier, Lance Alexander en twee van sy verteenwoordigers, Babalwa en Danielle, het hul programme kom verduidelik aan Namakwalandse luisteraars.

Programme wat hulle aanbied sluit in: “Arts and Design”, “Hospitality”, “Travel and Tourism”, “Business Mangement”, “Senoir Transport”, “Marketing” en “Engineering”.

Hulle het ook bevestig dat hulle 8 kampusse het in die Wes-Kaap en elke kampus spesialiseer in sekere kursusse/loopbaankeuses.

Hulle het ook verduidelik dat hulle brosjure so opgestel is, dat studente kan onderskei tussen pre- en post-matriek studies.

Alexander het ook meer uitgebrei oor die NCV kursuse wat gestigmatiseer word.

Babalwa en Danielle het ook verduidelik dat hulle NSFAS beurse het en dat elke kampus ‘n beurs-offisier het, om studente letterlik te help met aansoeke vir beurse.

Babalwa an Danielle het ook vertel hoe hulle roetes lyk vir res van die week en dat hulle alreeds twee skole in die Nama-Khoi regsgebied besoek het.

“Hulle het gister Hoërskool Nababeep besoek en is tans op Garies.”

Hulle beplan ook om weer ‘n besoek af te lê by Hoërskool Concordia, nadat ‘n vorige besoek nie só goed afgeloop het nie.

Hulle missie is om jong mense te wys en verduidelik dat daar ander alternatiewe beskikbaar is en dat almal nog kans het tot ‘n blink toekoms.

Besoek hul webtuiste vir meer inligting by, www.cct.edu.za

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !!
Live Updates COVID-19 CASES