OPVOLG: ‘Covid-19 begrafnis bitter koud en onpersoonlik’

0

Die Namakwa Distrik het baie vinnig ‘n kommerpunt geraak, sedert die tweede vlaag van COVID-19 infeksies Suid-Afrika getref het.

Hospitale en klinieke in die omgewing is onder geweldige druk, met die toeloop van infeksies.

Covid-19 verwante sterftes neem ook skerp toe en die plaaslike begrafnisondernemings raak baie bekommerd soos sterftes en infeksies toeneem.

‘n Woordvoerder van Mostert Begrafnisdienste, Eduard Mostert, vertel dat hulle die nuwe jaar met “rooi ligte” afgeskop het.

“Vanaf 01 Januarie 2021 tot op hede, het ons 11 liggame ontvang. Hierdie mense het almal aan Covid-19 verwante komplikasies gesterf,” sê Mostert.

Die plaaslike begrafnis ondernemer sê ook dat daar beperkte spasie is, en dat begrafnisse in die week gehou sal word, as ‘n afplatting in sterfgevalle nie vinnig kop uitsteek nie.

‘n Covid-19 liggaam moet volgens die grondwet van Suid-Afrika, binne sewe dae begrawe word, tensy families besluit om die liggaam te veras.

“Familielede wat in isolasie is, word ongelukkig nie toegelaat om die begrafnis by te woon nie.”

Begrafnisondernemings beveel aan dat families liefs die afgestorwene sal veras.

Op die manier sal meer familiede die begrafnis kan bywoon, en sal dit nie so koud en onpersoonlik voel nie.

Op hierdie stadium dra die plaaslike munisipaliteite die kostes van die uitbou van die gat, vir ‘n COVID-19 afgestorwene, maar wanneer families besluit om die liggaam te veras sal hule self die kostes moet dra.

Mostert het die verloop van Covid verwante begrafnisse só verduidelik:

  • Die kus van die afgestorwene sal gesaniteerde saagsels onderin kry en dan word die liggaam daarin toegemaak.
  • Daarna word die kus geseёl en weer ontsmet.
  • Die afgestorwene sal by forensies besigtig word, maar slegs twee famililede sal op een slag onder streng COVID-19 regulasies toegelaat word.
  • Die besigtiging moet vroegtydig gereёl word.
  • Die maskimum tydperk van die begrafnis is 2 ure.
  • As gevolg van die huidige aangepaste vlak 3 regulasies mag geen kerkdienste gehou word nie, ook geen samekomste na die begrafnis, after tears, word toegelaat nie.

Oortreders sal óf trokstraf opgelê word, óf ’n boete ontvang,

Dorpe geïdentifiseer deur die plaaslike munisipaliteit waar COVID-19 begrafnisse mag plaasvind is; Springbok, Steinkopf, Port Nolloth, Garies en Concordia.

Vir enige onduidelikhede rondom Covid-19 verwante begrafnisse, kan gemeenskapslede die volgende nommers skakel:

  • Namakwa Distrik Munisipaliteit: 027 712 8000
  • Denver Smith: 084 215 9911
Leave A Reply

Your email address will not be published.