OPVOLG: COVID-19 uitbraak by Huis Namakwaland

0

Die COVID-19 uitbraak by Huis Namakwaland op Springbok, het groot kommer in plaaslike gemeenskappe gewek.

Die koronavirus kon egter nie die bejaardes onder kry nie, alhoewel hulle volgens die media, die kwesbaarste persone is.

Ronell Whiting, ’n woordvoerder vir die tehuis, bevestig dat daar geen nuwe gevalle van COVID-19  in die afgelope 15 dae aangemeld was nie.

Personeellede het lang skofte, onder moeilike omstandighede gewerk, om die bejaardes se gesondheid te verseker.

“Die gemeenskap het ook hul ondersteuning gewys deur ontbyte, sop en ander bederfies aan die bejaardes te skenk.”

Whiting vertel aan NFM Nuus dat dit oor die algemeen baie goed gaan by die tehuis, maar hulle bly versigtig.

“Die tehuis is in die proses om stadig hul reёls te verslap.”

Gekontroleerde besoeke sal stelselmatig weer toegelaat word.

Die bejaardes het laasweek Vrydag koek en tee buite geniet en hulle word in klein groepies uit geneem om die blommeprag van Namakwaland te gaan geniet.

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Leave A Reply

Your email address will not be published.