OPVOLG: Daniëlskuil-man se liggaam gevind

0

Die liggaam van die vermiste Patrick Huly (62) van Owendale, op Daniëlskuil in die Noord-Kaap, is gister gevind.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Kaptein Sergio Kock, het bevestig dat sy liggaam in ‘n gastehuis-kamer, op Daniëlskuil gevind is.

Kock sê dat die oorsaak van die dood nog in hierdie stadium onbekend is.

“Die polisie wag tans vir die uitslae van ‘n forensiese outopsie, om die oorsaak van Huly se dood bekend te maak.”

NFM Nuus het gister berig dat Huly vroeër vandeesweek, as vermis aangemeld was.

“Hy was laas op Barkley-Wes gesien, nadat hy Maandag alreeds sy huis verlaat het.”

Leave A Reply

Your email address will not be published.