OPVOLG: Deurbraak in 15-jarige seun se moord

0

Die polisie op Barkley-Wes het vroeër vandeesweek ’n groot deurbraak gemaak, in die moord saak van die 15-jarige seun.

NFM Nuus het vroeër vandeesweek berig dat ‘n 15-jarige seun verlede Saterdag, met kopbeserings naby die grafterrein in die Mataleng-area gevind was.

’n Woordvoerder vir die polisie, Kaptein Olebogeng Tawana, bevestig dat ’n 23-jarige man verbind is aan die moord.

“Die gemeenskapslede het ’n groot rol gespeel tot die inhegtenisneming van die moordverdagte.”

Die verdagte het vandag in die landroshof op Barkley-Wes verskyn, op ‘n klagte van moord.

Leave A Reply

Your email address will not be published.