OPVOLG: Gewapende rooftog eis een lewe op Springbok

Die skietvoorval het angstige skokgolwe deur plaaslike dorpe gestuur.

0

‘n Gewapende rooftog het Maandag 1 Februarie, op Springbok plaasgevind en een manlike slagoffer was noodlottig gewond, tydens die insident.

Die skietvoorval het angstige skokgolwe deur Springbok, Okiep en omliggende dorpe gestuur.

Ses verdagtes is deur die plaaslike polisie in hegtenis geneem, in verband met die voorval.

’n Woordvoerder vir die polisie, Kaptein Sergio Kock het bevestig dat al die verdagtes op 05 Februarie in die Springbok-landdroshof verskyn het, op klagtes van moord en gewapende roof.

Kock het bygevoeg dat die verdagtes op 09 Februarie formeel aansoek gedoen het vir borgtog.

“Die saak is egter uitgestel tot Maandag, 15 Februarie terwyl die verdagtes in aanhouding bly.”

Die polisie se ondersoek duur voort.

Leave A Reply

Your email address will not be published.