OPVOLG: Impak van Kovid-19 in Noord-Kaapse skole

0

Vir ’n vierde agtereenvolgende week is daar ’n groot toename in die Noord-Kaapse skole aangeteken.

Verlede week het die Noord-Kaapse onderwysdepartement in totaal 348 positiewe Kovid-19 gevalle aangeteken waaronder 52 opvoeders is, 276 leerders en 20 ondersteuningspersoneel.

Dit is duidelik dat die skole die stygende infeksiekoers in gemeenskappe reflekteer.

’n Woordvoerder vir die Onderwys Departement, Geoffrey Van der Merwe, sê ouers moet verseker dat hulle die beweging en sosiale interaksie van hul kinders in en om hul gemeenskappe beperk.

“Dit plaas ‘n massiewe las op ons skole, wanneer leerders die draers van die Koronavirus is en die virus oordra deur hul interaksie met ander leerders, opvoeders en lede van die gemeenskap,” sê Van der Merwe.

11 Skole in die Noord-Kaap was gesluit weens Kovid-19 infeksies waarvan 9 van hierdie skole na verwagting vandag, 7 Junie, sal heropen.

Die Noord-Kaapse Departement van Onderwys doen ’n beroep op skoolgemeenskappe om teen alle tye aan die Covid-19-protokolle te voldoen.

Die Departement gaan voort om die situasie in die skole gereeld te monitor en te assesseer om voldoende ondersteuning te bied waar nodig.

Leave A Reply

Your email address will not be published.