Opvolg: Impak van Kovid-19 in Noord-Kaapse skole

0

‘n Aansienlike afname in Kovid-19 gevalle is die afgelope week in skole in die Noord-Kaap aangeteken.

Verlede week het die Noord-Kaapse departement 103 nuwe Kovid-19 infeksies aangeteken, waaronder 69 leerders is, 25 opvoeders en 9 ondersteuningspersoneel.

Vanaf 1 Junie is 29 skole is gesluit vir ontsmetting vir diegene wat positief getoets het.

Van die 29 skole  het 24 reeds heropen terwyl vyf skole steeds gesluit is.

‘n Woordvoerder vir die departement, Geoffrey Van der Merwe, versoek ouers om die nodige samewerking aan skole te bied wanneer hulle hul kurrikulumherstelplanne implementeer aangesien die Kovid-19 pandemie steeds ‘n groot invloed het op waardevolle leer-en-onderrigtyd.

“Dit is baie belangrik dat alle leerders op peil bly met hul skoolwerk, terwyl ouers hulle tuis die nodige ondersteuning bied,” het Van der Merwe gesê.

Die Departement sal voortgaan om die situasie by die skole te monitor en sal ondersteuning bied waar nodig.

Leave A Reply

Your email address will not be published.