OPVOLG: Impak Van Kovid-19 In Noord-Kaapse Skole

0

Die Noord-Kaap se Kovid-19 neem nie net in gemeenskappe toe nie maar ook in die skole.

264 Positiewe gevalle is die afgelope week by skole in die Noord-Kaap aangeteken waarvan 180 leerders is, 62 opvoeders en 22 ondersteuningspersoneel.

Die positiewe gevalle het ’n negatiewe impak op leer en onderrig en alle distrike word in hierdie verband geraak.

’n Konsekwente toename is die afgelope drie weke in die aantal Kovid-19 gevalle gesien wat gelei het tot ontwringtende sluiting en opening van skole gesien.

79 Skole is sedert 1 Mei gesluit en altesaam 61 skole het reeds suksesvol heropen.

“Hierdie statistieke is ‘n duidelike aanduiding dat alle skoolgemeenskappe ekstra waaksaam moet wees en te alle tye aan die Covid-19-regulasies moet voldoen.”

Onwrikbare ondersteuning van ouers word vereis deur die Noord-Kaapse Departement van Onderwys.

Herstelplanne sal by skole geïmplementeer word waarvan leerders verwag sal word om verlengde ure by skole deur te bring om op te maak vir leerverliese.

’n Beroep word op ouers op ouers gedoen om te verseker dat hul kinders aan hierdie ondersteuningprogramme deelneem.

Skoolgemeenskappe word gemaan om ten alle tye aan die Kovid-19 protokolle te voldoen.

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.