OPVOLG: KOVID-19 in NK skole

0

Die Noord-Kaap Onderwysdepartement (NKOD) het sedert die begin van die derde kwartaal op 26 Julie 2021 ‘n aansienlike afname in KOVID-19 infeksies getoon.

Sedert die begin van die  kwartaal het die Departement die afgelope 3 weke 213 infeksies aangeteken.

Terwyl die infeksiekoers konsekwent laag bly, moes slegs 3 skole gedurende hierdie tydperk sluit en is geskeduleer om vandag, 16 Augustus, te heropen.

Die  departement is tevrede met die wyse waarop skole ingevolge KOVID-19 regulasies en riglyne voldoen.

Oor die afgelope weke het lede van die Uitvoerende Raad en Senior Bestuur van die Departement skole besoek om die nakoming van alle KOVID-19 protokolle te monitor en te assesseer.

’n Woordvoerder van die department, Geoffery Van der Merwe, sê daar is tans 79 laerskole in die Noord-Kaap wat terug gekeer het na die normale tydsverskilmodel, waar alle leerders daagliks skoolgaan.

Die Departement het van die begin af aangedui dat slegs skole wat aan die KOVID-19-regulasies en riglyne kan voldoen, toegelaat sal word om na die normale roostermodel terug te keer.

NKOD sal voortgaan om die lewens van opvoeders, leerders en nie-doserende personeel te beskerm om altyd aan die KOVID-19 regulasies en nie-farmaseutiese ingrypings te voldoen.

Die departement wil ook opvoeders en ondersteuningspersoneel wat weens verskeie redes nog nie ingeënt is nie, aanmoedig om op die EVDS te registreer en van die openbare inentingsprogram gebruik te maak.

“Ons leerders het waardevolle leer- en onderrigtyd weens die pandemie verloor en die departement implementeer herstelplanne en intervensieprogramme om al ons leerders te ondersteun,” het van der Merwe gesê.

“In hierdie tyd doen ons veral ‘n beroep op ons matriekouers om te verseker dat hul kinders by hierdie intervensieprogramme baat vind om te verseker dat hulle suksesvol is vir die 2021  akademiese jaar.”

‘n Beroep word verder gedoen op alle skoolgemeenskappe om voort te gaan om saam met die departement te werk en streng nakoming van die K-19-regulasies te verseker deur ‘n masker te dra, te ontsmet, hande gereeld te was en sosiale afstand te handhaaf.

Leave A Reply

Your email address will not be published.