Opvolg: KOVID-19 in Noord-Kaap skole

"Altesaam 6 skole is tans gesluit in die provinsie en sal na verwagting gedurende die week heropen."

0

Die Noord-Kaap onderwysdepartement (NKOD) werk onverpoos om leer en onderrig by die skole te normaliseer.

Alhoewel die aantal KOVID-19-infeksies in die skole redelik hoog bly, is die departement tevrede met die manier waarop die skole hierdie voorvalle op die vlak van die skole bestuur en reageer.

Die NKOD het die afgelope week 339 nuwe COVID-19-gevalle aangeteken, waaronder 36 opvoeders, 289 leerders en 14 ondersteuningspersoneel by skole.

Altesaam 6 skole is tans gesluit in die provinsie en sal na verwagting gedurende die week heropen.

Die hoë infeksiesyfer, veral onder leerders, is baie kommerwekkend en die departement  doen ‘n beroep op ouers en skoolgemeenskappe om die beweging of sosiale interaksie van ons leerders tuis te beperk.

Skole is ‘n mikrokosmos van die samelewing en weerspieël op hierdie stadium die vlak van infeksies in ons gemeenskappe.

Skoolgemeenskappe moet waaksaam bly terwyl daar nog te midde van die KOVID-19-pandemie is.

Die NKOD moedig ouers ook aan, as u kind 18 jaar en ouer is, om hulle op die elektroniese inentingsdatastelsel (EVDS) te registreer vir die openbare inentingsprogram vir hierdie spesifieke ouderdomsgroep.

“Die inenting het bewys dat dit veilig is en dit bied ‘n meganisme waardeur ons onsself kan beskerm teen die kOVID-19-pandemie. Laat ons aanhou om die nie-farmaseutiese intervensies aan te hou toe pas deur ons maskers te dra, ons hande gereeld te was en ons hande te was en sosiale afstand te handhaaf,” het die NKOD gesê.

Leave A Reply

Your email address will not be published.