OPVOLG: Kovid-19 in Noord-Kaapse Skole

0

Die Noord-Kaapse onderwysdepartement het die afgelope week 97 nuwe Kovid-19-infeksies aangeteken.

Dit sluit 14 opvoeders, 80 leerders en 3 ondersteuningspersoneel by skole in.

Die departement het vir twee agtereenvolgende weke ‘n aansienlike afname in Kovid-19-infeksies gesien en ons hoop dat hierdie tendens in ons skole sal voortduur.

Al 555 openbare gewone skole is tans oop en ten volle operasioneel, wat ‘n duidelike aanduiding is dat ons skole die nodige stelsels in plek het om Kovid-19-nakoming te verseker en die verspreiding van hierdie dodelike virus te beperk.

“Ons wil verder alle opvoeders, ondersteuningspersoneel en leerders wat kwalifiseer om ingeënt te word, aanmoedig en nog nie die roete van inenting gekies het om dit te doen nie, ten einde maksimum beskerming van ons skoolgemeenskappe te kry,” sê NKOD woordvoerder, Geoffery Van der Merwe.

Die departement doen ‘n versoek aan alle skoolgemeenskappe om waaksaam te bly en by die Kovid-19-regulasies en nie-farmaseutiese ingrypings te hou terwyl ons die een week skoolbreek nader.

Skoolgemeenskappe moet verseker dat ons die sosiale interaksie en beweging van ons kinders beperk om te verseker dat die skoolbreuk nie bydra tot ‘n verdere toename in infeksies in ons gemeenskappe nie.

Leave A Reply

Your email address will not be published.