OPVOLG: KOVID-19 in Noord-Kaapse skole

"Vyf skole is geskeduleer om op Maandag, 23 Augustus 2021 te heropen."

0

Die Noord-Kaapse onderwysdepartement het die afgelope week ‘n herlewing van Kovid-19-infeksies in ons skole ervaar.

Daar was ‘n skerp toename in Kovid-19-infeksies in skole in vergelyking met die vorige drie weke.

Die departement het 526 nuwe Kovid-19-infeksies aangeteken, wat 54 opvoeders, 439 leerders en 33 ondersteuningspersoneel by skole insluit.

’n Woordvoerder vir die departement, Geoffery van der Merwe, sê hulle het tans 8 skole wat in die provinsie gesluit is weens Kovid-19-infeksies sodat kontakopsporing en ontsmetting van die skoolterrein gedoen kan word.

Vyf skole is geskeduleer om op Maandag, 23 Augustus 2021 te heropen.

“Die pandemie veroorsaak groot ontwrigting in die onderwyssektor en die departement is diep bekommerd oor die verlies aan leer-en onderrigtyd,“ sê van der Merwe.

Ons distrikskantore het kurrikulumherstelplanne ontwikkel vir daardie skole wat direk deur die pandemie geraak word.

Die Departement loop tans naweek-in-en Saterdag-klasse om die Matriekklas van 2021 te ondersteun.

Dit plaas ‘n groter druk op ons opvoeders, leerders en ondersteuningspersoneel by skole om te verseker dat die gesnoeide kurrikulum ten volle gedek word en leerders goed voorbereid is vir die einde van die jaar eksamens.

Die Departement doen hul bes om alle opvoeders en leerders in hierdie moeilike tye te ondersteun.

“Ons is almal saam hierin, werk onder geweldige druk en ons sal slaag as ons voortgaan om saam te werk,” het van der Merwe bygevoeg.

Die skoolgemeenskappe speel ‘n deurslaggewende rol om die skole in hul onderskeie gemeenskappe te ondersteun en die departement doen ‘n beroep op almal om te alle tye aan die KOVID-19-regulasies te voldoen.

“Kom ons ondersteun die klas van 2021.”

Leave A Reply

Your email address will not be published.