OPVOLG: LUR Volsoo uit hospitaal ontslaan

0

Die LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme in die Noord-Kaap, Abraham Vosloo is uit die hospitaal onstlaan, nadat hy verlede week opgeneem was weens COVID-19.

‘n Woordvoerder vir die departement, Ali Diteme het in ‘n amptelike persverklaring bevestig dat Volsoo in die Upinton Medi-Clinic opgeneem en ontslaan is.

Diteme sê dat dit ‘n baie moeilike tydperk vir Vosloo se familie, kamerade, vriende en sy kiesafdeling was.

Op grond van konkrete mediese advies het die LUR redelik goed op die behandeling geareaggeer, en sal die res van sy herstelproses tuis voltooi.

“Gedurende hierdie tydperk sal die LUR van die huis af werk totdat hy ten volle herstel het.”

Diteme sê verder dat die LUR binnekort weer op kantoor sal wees, om sy politieke verantwoordelikhede in diens van ons mense te aanvaar.

“Ons wil ons mense verder aanmoedig om alle COVID-19 gesondheidsprotokolle na te kom, en die aangepaste vlak drie inperkingsregulasies te gehoorsaam.”

Die departement het hul opregte dank aan die provinsiale gemeenskap betuig.

Leave A Reply

Your email address will not be published.