Opvolg: Meer as 90 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa distrik aangemeld

0

In die jongste verslagperiode is daar 98 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld.

Die gevalle is toegeken aan die Nama Khoi regsgebied (55), Kamiesberg plaaslike munisipaliteit en Hantam plaaslike munisipaliteit onderskeidelik 13 elk, Richterveld plaaslike munisipaliteit (8), Khâi ma plaaslike munisipaliteit (7) en die Karoo Hoogland plaaslike munisipaliteit(2).

Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 8 741, met 7 457 genesing, 89 sterftes en diè distrik het 1 195 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 574 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 69 152.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 781.

Sowat 61 569 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 5 800 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.