OPVOLG: Mona Louw gevind op Springbok

0

Remona “Mona” Louw (28) wat oor die naweek as vermis aangemeld is, is uiteindelik gevind!

‘n Woordvoerder vir die polisie en ondersoekbeampte in die saak, Speurkaptein Desiree Cloete, het bevestig dat Louw gister omstreeks 11:11, naby die winkels op Springbok gevind is.

“Louw is ongedeerd en is na veiligheid gebring nadat sy vir amper ‘n week, op Okiep, Bergsig en Springbok gesoek was.”

Die polisie het aan NFM Nuus bevestig dat hulle Louw veilig tot by haar familiehuis op Bergsig geneem het.

Die motief vir die skielike verdwyning is nog op hierdie stadium onbekend.

Cloete het afgesluit deur te sê dat gemeenskappe veilig moet bly, veral noudat die Nama Khoi regsgebied hul vere regruk vir die komende feesseisoen.

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.