OPVOLG: Myn toon vordering met soeke na verlore mynwerker

Die myn se soek-en-reddingspanne progresseer nóú gemiddeld sewe meter per dag.

0

Vedanta Zinc International en die maatskappy Moolmans (Pty) Ltd, soek onverpoosd na die verlore mynwerker, wat as gevolg van ‘n tragiese grondstoring in November 2020, steeds verlore is.

Tien mynwerkers was vasgekeer in die grondstorting by Gamsberg-myn se suid-put, en die myn kon agt werkers kort na die ongeluk tot veiligheid bring.

Die liggaam van een mynwerker is intussen gekry terwyl nog ‘n verlore mynwerker steeds soek is.

‘n Woordvoerder by GGISA, Collette McRobert het bevestig dat die myn gespesialiseerde toerusting gebruik om die grootte van die rotse te verminder.

“Hierdie rotse moet met uiterste sorg hanteer word om verdere stortings te voorkom.”

McRobert het bygevoeg dat die boor- en skietprosesse, baie tyd in beslag neem.

“Die roste weeg omtrent 600 ton, maar die myn se soek-en-reddingspan kon tot 150 meter in die mislukte gebied vorder.”

Hulle progresseer nou gemiddeld sewe meter per dag.

Vedanta en Moolmans doen alles in hul vermoë om ‘n veilige soek-en-reddingsoperasie te verseker.

Leave A Reply

Your email address will not be published.