OPVOLG: Namakwa Distrik Spog Steeds Met Matriek Uitslae

0

Matrieks in die Namakwa Distrik is steeds in die sewende hemel nadat die matriekuitslae vroeёr vandeesweek bekendgemaak is.

Die verwoestende pandemie en aangepaste skoolkalendar het vele uitdagings vir die leerders gelaat het, fisies en psigo-sosiaal.

Die leerders het egter deur hierdie uitdagings hul kant gebring.

NFM Nuus het by verskeie skole in die Namakwa Distrik besoeke afgelê waarvan Hoёrskool Namakwaland een van die skole was.

Hierdie skool se slaagsyfer staan op 92.4%, en die onderwysers verklap dat hulle geweldig trots is op hul leerders.

Die nuusspan het ook by St. Anna privaatskool ’n draai gaan maak.

Sister Maria Antoon, skoolhoof by St. Anna, vertel ook trots dat die meisieskool baie goed gevaar het.

St. Anna se slaagsyfer is 73%.

NFM nuus het ook by S.A. Van Wyk besoek afgelê en hierdie skool spog met ’n 83.3% slaagsyfer.

Hoёrskool Concordia se skoolhoof Jonathan Cloete vertel dat hy dankbaar vir al die leerders wat hard gewerk het en deurgdruk het om hul skooljaar te voltooi.

Die skool se slaagsyfer is 82.8%.

Maureen Cloete, waarnemende skoolhoof van Hoёrskool Nababeep, vertel met trots dat die skool ’n slaagsyfer van 62.85% behaal het.

Sy motiveer leerders om hul tweede kans te verantwoordelik te gebruik.

Leave A Reply

Your email address will not be published.