Opvolg: Noord-Kaap hitte stuit nie vir Clifton

'Die oprit  was ook aangepas vir ruimte en om dit gelyk met die deur te maak.'

0

Quaid Lagan was jare gelede in ‘n botsing betrokke, wat hom in rolstoel laat opeindig het.

Sy ouers, Jason en Sandy Lagan het nog nie in aanraking gekom met persone met gestremdhede nie.

Hulle het nie geweet hoe hulle hul huis kon aanpas nie, sodat Quaid maklike toegang tot alle areas in en rondom die huis kon hê.

Jason het sy kantoor ingerig vir Quaid, wat ‘n badkamer met handgrepe en ‘n gemonteerde stortstoel gehad het vir Quiad se gemak.

Die oprit  was ook aangepas vir ruimte en om dit gelyk met die deur te maak.

In die kombuis het sy ouers om praktiese redes die kasdeure verwyder.

Daar is twee trappe van die kombuis af na die sitkamer, waar ‘n oprit van die een gemaak was vir toegang.

Die eerste poging was egter ‘n mislukking.

Die oprit was ongeveer twee meter lank en te steil, maar hulle het dit met ‘n meter verleng.

In 2017 het Quaid verhuis die Verenigde Koninkryk, wat veiliger en gebruikersvriendeliker is vir persone wat saamleef met ‘n gestremdheid.

Hy het by die Hillsong-kerk aangesluit en was as musikant deur die aanbiddingspan verwelkom.

Quaid het op die 4de verdieping van ‘n woonstel in Newcastle ingetrek.

Die eerste keer wat albei hysbakke in die woonstelblok buitewerking was, het hy in sy motor geslaap en die tweede keer by ‘n hotel.

Quaid was baie lief vir musiek, feeste, fotografie en mense.

Quaid het op 21 Desember sy positiewe uitslag vir Covid-19 ontvang.

Hy het op die ouderdom van 29-jaar, op 03 Januarie 2021 sy stryd teen Covid-19 verloor.

Sy broer is woonagtig in Nieu-Seeland, en kon nie die begrafnis bywoon nie as gevolg van reisbeperkings.

Quaid se ouers het hul dankbaarheid teenoor Conrad Clifton uitgespreek, wat sy rit na Kenhardt in herinnering van hul seun gedoen het.

Leave A Reply

Your email address will not be published.