OPVOLG: Noord-Kaap Onderwys slaggegereed met “rooi penne”

0

Die Noord-Kaapse departement van onderwys het alle nodige veiligheids- en gesondheidsmaatreëls getref, om te verseker dat alle nasiensentrums die Covid-19-regulasies nakom.

“‘n Totaal van 231 661 antwoordskrifte moet deur 759 nasieners, 166 senior nasieners, 22 adjunkhoofnasieners, 47 hoofnasieners en 47 interne moderators gemerk word.”

Administratiewe pligte sal ook deur 200 eksamenassistente by 4 eksamensentrums in Kimberley hanteer word.

Die LUR vir onderwys, mnr. Zolile Monakali, het die nasiensentrums gister besoek om te verseker dat alle stelsels in plek is.

Die LUR het die nasiensentrums vandag amptelik geopen en tydens sy openingsrede aangedui dat die 2020 akademiese jaar, in baie fasette ‘n baie uitdagende jaar was.

“Ons het groot verwagtinge vir die klas van 2020, en ons hoop en vertrou dat hulle ons trots sal maak. Die NSS-eksamen in 2020 was in baie opsigte, baie uitdagend vanweë die toename in kandidate wat vir die eksamen deelgeneem het, sowel as die natskei en wiskunde vraestelle wat uitgelek het. Dit het ‘n baie negatiewe impak gehad op die geloofwaardigheid van die NSS-eksamen in 2020.”

Monakali sê dit plaas ‘n groter verantwoordelikheid op nasieners om noukeurig, met ‘n hoë vlak van akkuraatheid, alle antwoordskrifte te merk, om te verseker dat dit ‘n ware weerspieëling is van die kandidaat se akademiese prestasie ”

Foto: Verskaf

Merk word beskou as een fase in ‘n geïntegreerde, samewerkende proses van onderrig en leer, wat bewustheid van die onderwyser se dubbele rol as afrigter en assessor vereis, en is nou gekalibreer.

Dit vereis ook dat die nasiener die inhoud van die vak en die konteks van die leerders volledig moet verstaan.

Leave A Reply

Your email address will not be published.