OPVOLG: Nugterskapweek gaan voort in postmasburg.

0

Die Nugterskapweek-veldtog het gister op 17 September voortgegaan met ‘n multidissiplinêre padblokkade.

Hierdie padblokkade het op die R325-pad tussen Postmasburg en Kathu plaasgevind.

Verskeie eksterne rolspelers het aan die padblokkade deelgeneem.

’n Woordvoerder vir die polisie, Kolonel Mashay Gamieldien, vertel dat 294 voertuie tydens die padblokkade gestop en deursoek en 17 verkeersboetes uitgereik is vir verkeersoortredings wat R14 800-00 beloop.

Ontwrigtende optrede het gedurende die dag voort gegaan met hoë sigbaarheid in die middestad van Postmasburg.

 

Foto: Verskaf
Leave A Reply

Your email address will not be published.