Opvolg: Onder 5 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld

"Sowat 59 718 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 4 206 aktiewe gevalle"

0

Die ministerie van gesondheid, het in die jongste verslagperiode 4 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend gemaak.

Die gevalle is toegeken aan die Nama Khoi regsgebied (3), en Kamiesberg plaaslike munisipaliteit 1.

Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 8 030, die sterftesyfer op 81, met 7 168 genesings en diè distrik het 781 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 94 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 65 629.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 703.

Sowat 59 718 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 4 206 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.