Opvolg: Onder 5 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend

"Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 446."

0

Die ministerie van gesondheid, het in die jongste verslagperiode 2 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend gemaak.

Die gevalle is toegeken aan die Nama Khoi regsgebied en Richtersveld plaaslike munisipaliteit onderskeidelik een elk.

Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 7 210, met 6 407 genesings en diè distrik het 736 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 126 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 62 042.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 446.

Sowat 56 049 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 4 525 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.