Opvolg: Onwettige diamantmynoperasie lewer suksesse in Namakwa

0

Nadat ’n multidissiplinêre operasie op 6 en 7 Julie in Namakwa uitgevoer is, het 200 mense na bewering opgeruk na die polisiestasie op Port Nolloth.

Die fokus van die operasie was onwettige mynbedrywighede.

Daar is op talle toerusting en voertuie beslag gelê.

’n Woordvoerder vir die polisie, Luitenant Kolonel Dimakatso Mooi, sê die persone wat opgeruk het na Port Nolloth polisiestasie, wou hulle gekonfiskeerde toerusting terug hê.

“Die groep het uitmekaar gegaan nadat die polisie aan hulle verduidelik het dat die toerusting deel vorm van die ondersoeke en net die hof kan besluit oor die uitkomste,” sê Mooi.

Leave A Reply

Your email address will not be published.