OPVOLG: Springbok Moord En Gewapende Roof Saak Kom More Voor

0

Nfm Nuus het vroeër vandeesmaand verslag gedoen oor ‘n gewapende roof en moord insident, wat voor Kekkel-en-Kraai op Springbok plaasgevind het.

Die rooftog het plaasgevind op 01 Februarie 2021, en ‘n buitelandse man is tydens die voorval doodgeskiet.

’n Woordvoerder vir die polisie, Kaptein Sergio Kock, het bevestig dat die verdagtes op Dinsdag, 16 Februarie, in die Springbok-landdroshof verskyn het.

Tydens hul hofverskyning het hulle formeel aansoek gedoen om borg te kry.

Die saak is egter tot môre, 23 Februarie, uitgestel.

Die verdagtes bly tans in aanhouding, terwyl die polisie se ondersoek voortduur.

Leave A Reply

Your email address will not be published.