OPVOLG: Springbok moord en roof verdagte word borg toegestaan

Verlede week het die ses verdagtes in die Springbok-landdroshof verskyn vir 'n formele borgtogaansoek.

0

Nfm Nuus het vroeër vandeesmaand verslag gedoen oor ‘n gewapende roof en moord insident, wat voor Kekkel-en-Kraai op Springbok plaasgevind het.

Die rooftog het plaasgevind op 01 Februarie 2021, en ‘n buitelandse man is tydens die voorval doodgeskiet.

Verlede week het die ses verdagtes in die Springbok-landdroshof verskyn vir ‘n formele borgtogaansoek.

‘n Woorvoerder vir die polisie, Kaptein Sergio Kock, bevestig dat slegs een van die ses verdagtes borgtog van R 5 000 ontvang het, op grond van sy mediese toestand.

“Die ander vyf verdagtes bly in aanhouding.”

Die saak is tot 23 Maart vir verdere ondersoek uitgestel.

Die polisie ondersoek duur voort.

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.