OPVOLG: Steinkopf Top 5 help daklose inwoners

0

Nadat ’n gesin van Steinkopf dakloos gelaat is deur stormweer in 2019 moes hulle vir tyd en wyl uit hul huis trek.

Terwyl die huis leeg gestaan het, het gemeenskapslede dit geplunder en baie items was uit die huis gesteel.

Nadat die noodrekte van die familie op dooie ore geval het, het die TOP 5 Helping Community ingespring.

Die organisasie het vir skenkings gevra en die gemeenskap en plaaslike besighede het dadelik ingespring en gehelp.

Honolulu Mica is onder andere een van die besighede wat skenkings gegee het.

Daars ook gemeenskapslede wat ’n deur en ruite vir die huis geskenk het.

Die organisasie het twee sakkies sement sowel as twee deur kosyne ontvang.

Steinkopf Top 5 is opsoek na nog ’n deur, stene en een sakkie sement.  

Hulle het briewe uitgereik na plaaslike besighede vir stene maar wag nog vir terugvoering.

Wanneer die organisasie al die bogenoemde ingesamel het begin hulle met hul tweede projek.

Dit is om tweedehandse meubels in te samel vir die huis.

Vir enige skenings of hulp kan die organisasie gekontak word by 083 434 0283.

Leave A Reply

Your email address will not be published.