OPVOLG: Twee verdagtes in hof vir moord op Pofadder-hoteleienaar

0

Twee manlike verdagtes, van 34 en 37 jaar oud, sal vandag in die Pofadder-landroshof verskyn, in verband met die moord op Leon Brits.

Brits was ‘n bekende hoteleienaar op Pofadder en is op 7 Oktober vanjaar, doodgesteek.

Die polisie op Pofadder, het oor die naweek die twee verdagtes in hegtenis geneem.

NFM Nuus het vroeër berig dat die Noord-Kaapse polisie die moord bevestig het, en ondersoeke na huisroof is aan die gang.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramatseba, het bevestig dat ‘n 40-jarige sakeman, met verskeie steekwonde aan sy bors gevind was.

“Brits se vrou het sy lewelose liggaam, in hul swembad, op Podadder aangetref.”

Ramatseba sê ‘n 37-jarige verdagte, is in die Wes-Kaap in hegtenis geneem terwyl ‘n 34-jarige verdagte, op Kathu in die Noord-Kaap, vasgetrek was.

Leave A Reply

Your email address will not be published.