OPVOLG: Tydelike oplossing vir Hondeklipbaai water tekort

0

Hondeklipbaai, ‘n kusdorp in die Noord-Kaap gaan al sedert Oktober verlede jaar, erg gebuk onder wateruitdagings.

Plaaslike besigheidseienaars en inwoners het besluit om hul eie inisiatief te neem, en het begin om water aan te ry vanaf Koïngaas.

Mariekie Walstrand vertel dat hulle op Kleinzee water aangekoop het, toe die dorp op ‘n stadium geen water gehad het nie.

Nadat die gemeenskap hul misnoë en noodkrete geopper het, het verskeie maatskappye positief daarop gereaggeer.

Op Maandag 04 Januarie het die koeldrankreus, Coca-Cola (Vredendal) begin om drinkwater by al die huishoudings op Hondeklipbaai af te laai.

Die boeredroogtehulp maatskappy, Boeredroogtehulp SA het ook vroeёr vandeesweek, 34ton water na Hondeklipbaai geneem.

‘n Woordvoerder vir die maatskappy, Chris van Beljon, het bevestig dat die water geskenk is deur die koeldrankmaatskappy Twizza.

Die gemeenskap is baie dankbaar, dat hierdie maatskappye nie geskroom het om hulle met die ‘waternood’ te help nie.

Alhoewel dankbaarheid oor die kusdorp heers, is die inwoners bekommerd oor die toekoms.

Baie inwoners sê dat hierdie hulp egter net tydelike verligting is.

“Die werklike probleem is dat daar geen water in die pypstelsel is nie.”

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Leave A Reply

Your email address will not be published.