OPVOLG: Vasgekeerde mynwerker nog stèèds soek na grondstorting

0

Die Vedanta Zinc Internasionale groep (VZI) gaan onverpoos voort met hul soek- en reddingsoperasie, nadat ‘n mynwerker steeds ondergronds vasgekeer is, na ‘n tragiese grondstoring verlede maand by die Gamsberg-myn se suid-put.

Tien mynwerkers was aanvanklik betrokke by die ongeluk, maar die myn kon net agt werkers dieselfde dag bogrond kry, terwyl nog een werker se liggaam intussen gevind is.

Die myn het gister in ‘n amptelike verklaring bekendgemaak dat hulle nie sal ophou soek, voordat hulle nie die laaste mynwerker opgespoor het nie.

Die myn se soek- en reddingspanne het hul volledige opleiding voltooi, en gaan voort met die bou van die afvalhelling wat benodig word vir toegang tot die mislukte massa, asook die voortgesette werksaamhede om materiaal uit ander gebiede beskikbaar te stel.

“Die oprigting van die oprit, sal  hierdie week ons belangrikste prioriteit wees, om te verseker dat die doelgerigte ligging binne die kortste tyd bereik word.”

Die myn het bygevoeg dat een werknemer verlede Saterdag ter ruste gelê is.

‘n Begrafnisdiens vir wyle Melvin Saal, was op Saterdag, 05 Desember op Concordia behartig.

Roubeklaers het onder andere ingesluit; Saal se famlilie, vriende, plaaslike gemeenskapslede en kollegas van Vedanta.

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.