Opvolg:113 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa distrik aangemeld

"Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 886."

0

In die jongste verslagperiode is ‘n totaal van 113 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld.

Die gevalle is toegeken aan die Nama Khoi regsgebied (64), Khâi Ma plaaslike munisipaliteit (26), Hantam plaaslike munisipaliteit (21) en Kamiesberg plaaslike munisipaliteit (2).

Die Namakwa-distrik se kummulatiewe totaal staan op 10 317, die sterftesyfer is 100, met 8 545 genesings en diè distrik het 1 672 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 601 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kummulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 75 199.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 886.

Sowat 66 314 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 6 997 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.