Opvolg:129 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa distrik aangemeld

"Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 859."

0

In die jongste verslagperiode is ‘n totaal van 129 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld.

Die gevalle is toegeken aan die Kamiesberg plaaslike munisipaliteit (66), Nama Khoi regsgebied (32), Hantam plaaslike munisipaliteit (19), Khâi Ma plaaslike munisipaliteit (7) en Richtersveld plaaslike munisipaliteit (5).

Die Namakwa-distrik se kummulatiewe totaal staan op 9 832, die sterftesyfer is 94, met 8 110 genesings en diè distrik het 1 628 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 472 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kummulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 73 370.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 859.

Sowat 65 482 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 6 027 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.