Orion Minerale belê in Okiep Copper Company (OCC)

Die maatskappy sal ook volle bestuur neem van die kopermyne op Nababeep en Bulletrap.

0

Orion Minerale, ‘n internasionale mynmaatskappy het ‘n plan aangekondig om die Okiep Copper Complex (OCC) te bekom, in ‘n ooreenkoms ter waarde van R85.5 miljoen.

Die Australiese en JSE-gelyste firma het gesê OCC het die potensiaal om in die toekoms, die tweede basismetaalproduksie-spilpunt in die Noord-Kaap te wees, tesame met hul vlagskip, Prieska Copper-Zinc Projek.

Die projek is sowat 450 km oos geleë vanaf OCC.

Orion sal ‘n 56.25% -belang in Tantalum Mining besit, met 43.75% wat deur die Industriële Ontwikkelingskorporasie beheer word.

Die maatskappy sal ook volle bestuur neem van die kopermyne op Nababeep en Bulletrap.

Hierdie myngebiede het histories meer as 2miljoen ton koper geproduseer, oor ‘n 150-jaar periode tot 2003.

Orion se besturende direkteur en hoof uitvoerende beampte, Errol Smart het in ‘n verklaring gesê dat dit ‘n unieke geleentheid is, om ‘n dominante posisie in ‘n wêreldklas-kopermyn-distrik te verkry, ‘n buitengewone geleentheid vir groei en diversifikasie.

“Ons glo dat die komplimentêre kombinasie van die gevorderde Okiep kopermyn, tesame met die vlagskip Prieska koper-sink projek, Orion sal transformeer in ‘n beduidende mynhuis vir onedele metale.”

Hierdie gebied was vanaf 1940 deur Newmont gemyn, voordat hulle Suid-Afrika verlaat het en het toe die besigheid aan Goldfields verkoop, wat dit op sy beurt weer in 1998 aan Metorex verkoop het.

Smart het gesê as die voorspellings van die verkopers bevestig word deur die nodige ondersoek, is hulle vol vertroue dat hierdie projek, met ‘n mynreg, binne 18-24 maande produksie kan lewer volgens die ingediende mynbouprogram.

Orion het Maandag sy aandele op die JSE opgeskort, hangende die aankondiging oor die Noord-Kaapse belegging.

Leave A Reply

Your email address will not be published.