Oudpolisieman ontvang tronkstraf vir verkragting van gestremde tienerdogter

0

‘n Oudpolisieman is gister, 04 November, tot 20-jaar tronkstraf gevonnis, in die De Aar-streekhof.

Dit kom nadat hy ‘n verstandelik-gestremde minderjarige dogtertjie verkrag het.

Daar word geglo dat die 14-jarige slagoffer, die verstandelike kapasiteit van ‘n 3-jarige kind het.

Die slagoffer was saam met die beskuldigde, op 03 Januarie vanjaar by haar ouma se huis op Noupoort, toe hy haar in die slaapkamer gedwing en verkrag het.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Kolonel Mashay Gamieldien, het bevestig dat die verkragting getuig is deur die slagoffer se 5-jarige neef, wat die voorval aan hul ouma gerapporteer het.

“Die slagoffer was deur die beskuldigde gedreig om niks te sê nie.”

Die verdagte was op 05 Januarie alreeds in hegtenis geneem.

Op 03 November, is die 47-jarige beskuldigde skuldig bevind en is dieselfde dag gevonnis.

Hy is ook ongeskik verklaar om ‘n vuurwapen te besit, en sy naam is in die register vir seksuele misdrywe opgeteken.

Die Noord-Kaapse polisie het die vonnisoplegging verwelkom.

Leave A Reply

Your email address will not be published.