Ouers aangemoedig om deel te neem aan 2021 SBL-verkiesing

Saul het gesê vanjaar se verkiesings sal elektronies gedoen word, in 'n poging om die verspreiding van Covid-19 te bekamp.

0

Die Premier van die Noord-Kaap, Dr. Zamani Saul het gister ouers aangemoedig om hulself beskikbaar te stel vir vanjaar se skoolbeheerliggaam (SBL) verkiesings.

Saul en die provinsie se LUR, Zolile Monakali het die datums en besonderhede van vanjaar se verkiesings tydens ‘n virtuele aangeleentheid bekendgemaak.

Hierdie jaar se verkiesings was bekendgestel onder die tema: “Herbeelding van skoolbestuur onder ingewikkelde omstandighede”.

Saul het gesê ouers wie se besonderhede op die departement se toelatingsregister opgeneem is, sal toegelaat word om in die verkiesing deel te neem.

“Hierdie jaar se SBL-verkiesing sal plaasvind tussen 01 Maart en 30 April. Die verkiesing van lede wat op die SBL dien, vind elke drie jaar plaas”, het Saul gesê.

Skole met effektiewe en doeltreffende SBL-lede sal waarskynlik groter sukses behaal as diegene met beperkte ouers- en gemeenskapsbetrokkenheid.

Kreatiewe en vindingryke SBL’e speel ‘n fondamentele rol in die skaffing van skaarse hulpbronne vir onderwys.

“Hulle speel ‘n kritieke rol in die stryd teen rassisme, seksisme, xenofobie en alle ander vorme van diskriminasie en onverdraagsaamheid.”

Saul het gesê vanjaar se verkiesings sal elektronies gedoen word, in ‘n poging om die verspreiding van Covid-19 te bekamp.

“Vanjaar sal die negende SBL-verkiesings wees, en sal plaasvind terwyl Suid-Afrika teen ‘n globale pandemie stry. As gevolg daarvan sal die benadering van vanjaar se verkiesings verskil as die van die afgelope jare. Skole sal self besluit oor die verkiesingsmodus, datum, tyd en stemlokaal. Hierdie inligting moet vandag nog met die distrikskantore kommunikeer word. Die departement beoog om hierdie inligting te publiseer en bekend te maak op gemeenskapsradiostasies en sosiale media platforms.”

Saul het bygevoeg dat die vennootskap tussen die SBL, en die regering maatskaplike uitdagings wat skole in die gesig staar, sal aanspreek.

Saul het ouers uitgenooi wat nie kinders in publieke skole het nie, om ook deel te wees van vanjaar se SBL-verkiesing.

Hy het gesê dat lede van die SBL  die nodige opleiding en ondersteuning sal ontvang, sodat hulle goeie werk by skole kan doen.

Leave A Reply

Your email address will not be published.